VERDWAALDE HARTE REEKS
Die reeks was getitel as “Ons Dominee”-reeks. Dit kom uit ’n era waar die kerk en predikant ’n groot rol in die samelewing gespeel het. Die leraar was iemand na wie jy kon opkyk vir hulp, ’n skouer om op te huil en sommer die man wat al jou familie se sielkundige en ander probleme ook kon oplos. Die verhale was sonder vuil taal en seks, en het by ’n groot getal lesers inslag gevind. Dit het inderwaarheid een die suksesvolste fotoverhale uit die stal van Republikeinse Pers geword.
Natuurlik is vandag se predikante ook mense waar om hulp aangeklop kan word. Dit is egter ’n feit dat Afrikaners nie meer so kerkvas is as wat hulle in jare 60 of 70 was nie. Maar die eietydse verhale het waarskynlik op die regte tyd in Suid-Afrika verskyn. Mense kon hulle maklik vereenselwig met dominee Dawid Wiehahn en sy probleem gevalle.
Hy moes mense help wat skielik blind geword het en andere wat in rolstoele beland het. Hy moes huweliksprobleme soos ontrouheid hanteer en raad gee met opstandige kinders. Klink dit bekend? Ja, vandag nog het ons steeds hierdie probleme. Maar hy was ook ’n man van aksie en kon homself ook verdedig as dit nodig was. (Sien: “Monster op haar spoor”, nr 197). Partymaal het hy met gewapende mans ook te doen gekry en moes hy hom ook self kon verdedig. (Sien: “My vriend, my vyand”, nr 188).
Dit is jammer dat ons nie weet wie die skrywer was nie. Miskien kan ’n leser ook hier help en ons help om van die rolspelers te identifiseer.
Dit is waarskynlik nou tyd dat die skrywers en akteurs erkenning kry, vir hulle deel aan hierdie stukke ryke geskiedenis van Suid-Afrika, (deur Koos Papenfus).
169. Verdwaalde Harte - Snippie se wraak 174. Verdwaalde Harte - Tik jy my, dan pik ek jou
175. Verdwaalde Harte - Ter wille van die liefde
176. Verdwaalde Harte - Verstrik in die vreemde
178. Verdwaalde Harte - Liewer laat as nooit
179. Verdwaalde Harte - Kneg van sy geld
180. Verdwaalde Harte - 'n Strik vir die liefde
182. Verdwaalde Harte - Toe kom die inkeer
183. Verdwaalde Harte - Glo my...
184. Verdwaalde Harte - Geveg agter die skerms
187. Verdwaalde Harte - 'n Strik vir skoonpa
188. Verdwaalde Harte - My vriend, my vyand
192. Verdwaalde Harte - Misbruikte liefde
193. Verdwaalde Harte - Meisies langs die pad
195. Verdwaalde Harte - Wie sal die moeder wees
175. Verdwaalde Harte - Monster op haar spoor
198. Verdwaalde Harte - Wees weer my man
205. Verdwaalde Harte - Uur van versoening
210. Verdwaalde Harte - So naby geluk
212. Verdwaalde Harte - Die lamp van die liggaam